Welkom by Humansdorp Koöperasie
Die Humansdorpse Koöperasie is 'n toonaangewende landboubesigheid met 'n sterk waardesisteem wat bedryf word volgens gesonde ekonomiese beginsels. Ons lewer vernuwende en uitnemende kliëntediens met die oorhoofse doelwit om die winsgewendheid van die produsente op 'n volhoubare basis te verseker.
Die Humansdorpse Koöperasie se hoofkantoor te Humansdorp is geleë digby gesogte strandoorde soos Jeffreysbaai en St Francisbaai en ongeveer 90 km vanaf Port Elizabeth. Ons bedieningsgebied sluit onder andere die Tsitsikamma area wat die mekka van melkproduksie is, sowel as die Visrivier Vallei, Gamtoos Vallei, Uitenhage, Humansdorp en Kareedouw areas in. Produkte en dienste word gelewer aan suiwel, sitrus, sagtevrugte, skaap, volstruis en saai boere. |