Die Koöperasie, in samewerking met Landbouweekblad, bied 'n konferensie aan wat suksesvolle landbouvennootskappe in Suid-Afrika vertoon wat al 'n aantal jare bestaan.   Alhoewel dit ons Goeie Verhaal is om te deel, sal hierdie geleentheid toekomstige vennootskappe aanmoedig wat wedersyds voordelige en werkbare oplossings vir alle betrokkenes te skep.

 

As u 'n boer is of in die landboubedryf werk, of deel is van 'n groep wat landbou ontwikkeling en volhoubaarheid in Suid-Afrika bepleit, dan is dit vir u.  Hierdie dag-konferensie bied aan alle belanghebbendes die geleentheid om self te hoor en te sien hoe landbou-ontwikkelingsprojekte die lewens van duisende mense beïnvloed het.  Die Koöperasie is aan die voorpunt om landbou-ontwikkeling in die Oos-Kaap aan te dryf – vir die regte redes.  

 

Dit is nie 'n kletswinkel nie - ons beleef die oplossing al vyf jaar lank - kyk hoe u ook deel kan uitmaak van 'n beter ekonomies-volhoubare toekoms vir almal.  

 

Die konferensie word aangebied in Jeffreysbaai (5 Nov) en Oos-Londen (6 Nov).   Met hoë-vlak sprekers wat georganiseerde landbou, besigheid, regering en nie-regeringsorganisasies verteenwoordig - kan u nie hierdie geleentheid misloop nie.  

Vir meer inligting, epos info@humkoop.co.za of bespreek eenvoudig u gratis bywoning deur te registreer op die aanlyn vorm: 

https://docs.google.com/…/1Aemf9ZBzj5HP_pgSQ1oLgZajbMG…/edit