Connect with us

Connect with us

  1. Home
  2. /
  3. News
  4. /
  5. Droëmateriaal Inname – Die...

Droëmateriaal Inname – Die drywer vir melkproduksie

Droëmateriaal Inname

Droëmateriaal Inname (DMI) is een van die grootste drywers vir melkproduksie. In kort, hoe
meer n koei vreet, hoe meer melk sal sy produseer. Maar hoe kry ons dit reg om maksimum
hoeveelheid voer in n koei te kry?

Parameters wat DMI beinvloed:

  • Kondisie by kalf
    • Vet koei sal laer DMI na kalf hê
    • Ketose gevaar
    • Bestuur van koeikondisie is dus baie belangrik
  • Produksie/stadium van laktasie
    • Hoog produserende diere sal meer vreet
    • Later laktasie diere vreet minder, laer behoeftes
  • Grootte/massa van koei
    • Groter diere se DMI sal hoër wees
  • Smaaklikheid/mikotoksiene/temperatuur van rantsoen
    • Meer smaaklik, meer DMI
    • Mikotoksiene verlaag DMI
    • Warm mengsel verlaag DMI (In geval waar voermenger gebruik word)
    • DMI is hoër as vars water altyd beskikbaar is
    • DMI is hoër as voer ad lib beskikbaar is
  • Vog inhoud/”bulkiness” (Ruvesel & NDF)
    • Hoër kragvoer, laer ruvoer verhoog DMI
    • Hoër Ruvesel en NDF, laer DMI
    • Daarom belangrik om weiding op die regste stadium te wei.
  • Omgewingstemperatuur
    • Warm dae, laer DMI
    • Fermentering in rumen produseer hitte
    • Veselvertering produseer meer hitte as styselvertering
    • Daarom is DMI hoër wanneer daar in die warm tye van die jaar hoër kragvoerpeile gevoer word.
  • Verteerbaarheid/deurvloeitempo
    • Tyd wat voer in rumen is, het invloed op DMI
    • Deurvloei te stadig, laer DMI
    • NDF van die totale rantsoen is dus belangrik om maksimum DMI te kry.

Effek van NDF op DMI:
Die algemene duimreël is dat n koei 1.4% van haar liggaamsmassa in NDF daagliks kan
vreet. Wanneer n 500kg koei 6kg kragvoer/dag vreet, en weiding NDF verhoog van 45% na
55%, verlaag die koei se DMI met 2.53kg/dag. Tabel 1 wys duidelik hoe NDF die grootste
drywer van DMI is. Die verlaging in DMI gaan n verlies aan melkproduksie van minstens 2.5
liter/dag tot gevolg hê.

Koeigewig 500 500 kg
NDF/koei/dag 7 7 kg (DM)
Kragvoer DM % 90 90 %
Kragvoer/koei/dag 6 6 kg (As Is)
Kragvoer/koei/dag 5 5 kg (DM)
Kragvoer NDF 14 14 %
NDF/koei/dag vanaf Kragvoer 0.76 0.76 kg
Weiding NDF 45 55 %
NDF/koei/dag benodig vanaf weiding 6.24 6.24 kg
Weiding benodig/koei/dag 13.88 11.35 kg DM
Verwagde DM inname/koei/dag 19.28 16.75 kg

TABEL 1 – EFFEK VAN NDF OP DMI

Manupilasie van DMI kom teen n koste
NDF speel n baie groot rol. Soos wat weiding ouer word, word nie net die verteerbaarheid
laer nie, maar ook NDF verhoog. Dit veroorsaak dat koeie n laer DMI handhaaf, wat
melkproduksie verder verlaag. Meer volwasse weiding het dus n dubbele negatiewe
uitwerking op produksie. Om die negatiewe effek van hoër NDF teen te werk, gaan meer
kragvoer (met lae NDF) gevoer moer word. Tabel 2 wys duidelik dat, wanneer weiding se
NDF van 45% na 55% opgaan, daar 3.75kg/dag meer kragvoer gevoer moet word om weer
by dieselfde DMI uit te kom. Dit is dus baie belangrik om weiding so te bestuur dat die NDF
nie te hoog raak nie.

Koeigewig 500 500 kg
NDF/koei/dag 7 7 kg (DM)
Kragvoer DM % 90 90 %
Kragvoer/koei/dag 6 9.75 kg (As Is)
Kragvoer/koei/dag 5 9 kg (DM)
Kragvoer NDF 14 14 %
NDF/koei/dag vanaf Kragvoer 0.76 1.23 kg
Weiding NDF 45 55 %
NDF/koei/dag benodig vanaf weiding 6.24 5.77 kg
Weiding benodig/koei/dag 13.88 10.49 kg DM
Verwagde DM inname/koei/dag 19.28 19.27 kg

TABEL 2 – MANUPILASIE VAN DMI DEUR NDF TE VERLAAG MET KRAGVOER

Dit is dus geen geheim dat weidingskwaliteit die sleutel tot sukses in n melkery is nie.
Kwaliteit weiding met lae NDF het hoër DMI tot gevolg, wat meer melk en laer kragvoerpeile
tot gevolg het. Dit is wel belangrik om in droë tye meer kragvoer te voer om DMI hoër te kry,
om sodoende melkproduksie, koeikondisie, konsepsies en koei gesondheid optimaal te hou.

Vir enige navrae, kontak Bertus van der Merwe by 0782350859 of avandermerwe@humkoop.co.za

Email
WhatsApp
Facebook
Pinterest

Subscribe

* indicates required
Subscribe Options
×

Click below to start a chat.

× WhatsApp