Connect with us

Connect with us

  1. Home
  2. /
  3. News
  4. /
  5. Nguni-bul oortref wêreldrekordprys op...

Nguni-bul oortref wêreldrekordprys op aanlyn veiling

Nguni Bull

Deur Gerrit  Bezuidenhout | Landbouweekblad

‘n Nguni-bul het tydens die KwaZulu-Natalse Elite-Nguni-veiling die wêreldrekord behaal vir die hoogste prys wat nog vir ‘n Nguni betaal is.  Wat die rekord ekstra spesiaal maak, is dat die veilig op die WhatsApp-pltaform aangebied is.

Die bul uit die Nguni-stoetery Nandi wat aan die LBC Biggs-trust van Kokstad in KwaZulu-Natal behoort, is vir R310 000 verkoop.  Dit oortref die rekord van R197 000 wat in 2005 vir ‘n Nguni-bul betaal is.

Mnr Clive Biggs, direkteur van die LBC Biggs-trust, sê die bul se bloedlyn maak hom gesog.  “Hy is die kombinasie van twee van die oudste Nguni-kuddes in die land.  Sy ma het teen die ouderdom van 15 jaar reeds

valtrex online in the best USA pharmacy https://4naturalwellness.com/wp-content/uploads/2025/12/wiki/wiki-valtrex.html no prescription with fast delivery drugstore

13 kalwers gelewer, wat beteken dat hierdie bul geneties uitstaande is.  Hy is ‘n geharde, vrugbare dier wat baie vleis dra en goed gebou is.  Boonop dra hy hierdie eienskappe oor aan sy nageslag.  Ons is baie dankbaar vir sy prys, veral gegewe die huidige omstandighede waarin ons almal verkeer.”

Die kopers was mnre Nico Harris van Vriendschap Boerdery wat die Nguni-stoetery Matatana besit en Barry Cole van Manyenyeaze-stoetery.  Albei boer in KwaZulu-Natal en was deel van ‘n groep van sewe belangstellendes.

Cole sê dit is die tweede bul wat hy en Harris saam koop.  “Hierdie spesfieke bul is werklik uitsonderlik.  Ons hou om al die afgelope drie jaar dop.  Ons het dalk oor ons limiet gegaan, maar die bul is dit werd.”

Die KwaZulu-Natalse Elite-Nguni-groep bied jaarliks ‘n veiling aan.  Die wêreldwye Covid-19-pandemie het die groep gedwing om vanjaar se veiling op die nipper na ‘n WhatsApp-veiling te verander en dit is deur NetAuctions van Bloemfontein aangebied.

“Die WhatsApp-veiling was ‘n groot sukses met 168 geregistreerde kopers wat op die 124 vroulike en 10 manlike diere kon bie.  Ons het die katalogus vna die vee, met hul pryses, op die platform geplaas en die botte is van daar af ingesit,” sê mnr Gert Coetsee, afslaer van NetAuctions.

Hy sê weens die uitbreking van bek-en-klouseer in 2019 kort voor die Nguni-telersgenootskap se nasionale veiling het die genootskap besluit om ‘n interaktiewe aanlyn veiling aan te bied.  Dit was uite

doryx online in the best USA pharmacy https://4naturalwellness.com/wp-content/uploads/2025/12/wiki/wiki-doryx.html no prescription with fast delivery drugstore

rs geslaag.  “Ons is dus gretig om te sien hoe ons aanlyn veilings verder kan uitbou tot voordeel van die Nguni-ras.”

 

Email
WhatsApp
Facebook
Pinterest

Subscribe

* indicates required
Subscribe Options
×

Click below to start a chat.

× WhatsApp