Connect with us

Connect with us

  1. Home
  2. /
  3. News
  4. /
  5. Teenstrydige reëls frustreer jagters...

Teenstrydige reëls frustreer jagters en boere

Jagter

Suid-Afrikaners wonder of die land se kabinetslede ooit met mekaar praat voordat hulle regulasies vir hul portefeuljes onder die staat van inperking afkondig of wysig.

Jagters en wildboere se lewe is verlede week me

augmentin online in the best USA pharmacy https://celandassociates.com/wp-content/uploads/2025/12/wiki/wiki-augmentin.html no prescription with fast delivery drugstore

er as een keer ontwrig toe die ministers van omgewingsake en van toerisme teenstrydige regulasies afgekondig het.

Enkele dae nadat me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, gewysigde regulasies afgekondig het wat dit met streng reis- en verblyfbeperkings bykans onmoontlik maak vir jagters om iets vir die pot te skiet, het me. Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, verlede Donderdag gesê oorde en vakansieplase wat aan gaste verblyf bied mag, sodra die nuwe regulasies in die Staatskoerant afgekondig word, hul deure oopmaak vir reisigers wat in hul eie provinsie wil reis.

Jagters was briesend.  Baie van hulle het reeds deposito’s betaal om in ander provinsies te gaan jag nadat Creecy se departement vroeg in Junie regulasies afgekondig het wat hulle sou toelaat om in ander provinsies te jag en oor te bly.  Vir wildboere, wat onder vlak 4 en 5 van die grendelstaat gesukkel het om hul wildgetalle te bestuur sonder jagters wat die jaarlikse oes kom afhaal, was die toegewing om jagters onder vlak 3–regulasies te verwelkom ‘n lig in die tonnel.  Skielik was hulle weer in die duister.

Mnr. Fred Camphor, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, sê dit maak vir hom geen sin nie.  Dit lyk of die twee ministers nie lede van dieselfde kabinet is nie, want hul regulasies is lynreg teenstrydig.  “Dit lyk my mense mag nou in hul eie provinsie na wildsplase reis en daar gaan oorbly, want die departement van toerisme laat dit toe, maar hulle mag dan nie jag nie, want die departement van omgewingsake, bosbou en visserye sê jagters mag nie oorbly nie.”

Drie dae later, het Creecy ‘n verklaring uitgereik wat jagters toelaat om in hul eie provinsie oor te bly wanneer hulle gaan jag.  Sy verduidelik dit is om die regulasies van die biodiversiteitsektor in pas te bring met die kabinet se goedkeuring vir reis tussen provinsies en verblyf vir ontspanning.

Jagters mag egter nie meer oor provinsiale grense reis

arimidex online in the best USA pharmacy https://iamkira.net/wp-content/uploads/2025/12/wiki/wiki-arimidex.html no prescription with fast delivery drugstore

soos wat die aanvanklike regulasies toegelaat het nie.  Dit kan steeds rampspoedige gevolge vir wildboere inhou aangesien ‘n groot deel van die land se benuttingsjagters i

oseltamivir online in the best USA pharmacy https://iamkira.net/wp-content/uploads/2025/12/wiki/wiki-oseltamivir.html no prescription with fast delivery drugstore

n stede in Gauteng woon, terwyl die wild in ander provinsies is.

Camphor sê hy het reeds kennis gekry van groot wildboere wat aandui dat hulle plase na ander bedrywe omgeskakel gaan word.  “Daardie grond is nou verlore vir habitat- en wildbewaring.”

Provinsiale parke wat ‘n inkomste uit

reglan online in the best USA pharmacy https://celandassociates.com/wp-content/uploads/2025/12/wiki/wiki-reglan.html no prescription with fast delivery drugstore

jagpakkette verdien, gaan ook onder die reisbeperkings jagters ly.  Noord-wes het byvoorbeeld onlangs R2,2 miljoen se pakkette verkoop aan jagters wat oortollige wild op die provinsie se kleiner, onbekende parke sou uitdun.  “Baie van daardie jagters woon in Gauteng en kan nou nie hul vleis gaan oes nie en die provinsies is sy inkomste kwyt.”

 

Artikel:  Jasper Raats, 3 Aug, LBW

Foto:  Jasper Raats

Email
WhatsApp
Facebook
Pinterest

Subscribe

* indicates required
Subscribe Options
×

Click below to start a chat.

× WhatsApp